top of page
  • Black Twitter Icon
  • Black Facebook Icon
  • Black Instagram Icon

Tuis in my hart vol gate

Updated: 13 minutes ago


ree

Wanneer ‘n mens al die lewe bietjie geleef het, is daar waarskynlik meer as genoeg dinge waaroor jy jouself kwalik neem of blameer en waaroor jy spyt is en skuldig voel. Om jouself te vergewe is ‘n kardinale deel van ‘n dieper pad met die Here. ‘n Mens kan nie vry wees as jy nie leer om jouself te vergewe nie. Daar is te veel diep gelowige mense wat baie minder genade vir hulself het as vir ander en beslis minder genade het vir hulself as wat God vir hulle het.

 

Natuurlik is daar die van ons wat geen skuld oor die verlede ervaar nie en alle blaam op iemand anders plaas. Dit is ook uiters problematies.

 

Beide van hierdie houdings, waar ek myself of iemand anders gevange hou in verwyt, blaam en skuld, is maar net twee weergawes van dieselfde tronk.

 

Oor ons geneigdheid om onsself aan te hou verwyt skryf Robert Puff: “We berate ourselves, replaying our errors in an endless loop of self-condemnation. This self-inflicted punishment can be incredibly damaging. It keeps us stuck in the past, preventing us from moving forward and embracing the possibility of change. It erodes our self-worth, leaving us feeling inadequate and undeserving of happiness.”

 

Om ‘n mensself te vergewe vra ‘n aantal dinge. Dit is glad nie simplisties nie en ek probeer allermins om te maak of hierdie proses eintlik maklik is, want dit is nie, maar dalk help dit jou tog:

 

1.    Erken jou aandeel aan wat gebeur het

Daar is die spreekwoord wat sê: “Daar is geen skuldiges in die tronk nie”. ‘n Noodsaaklike deel van self-vergifnis is om eerlik te wees oor wat gebeur het en waaraan jy skuldig was. Genade en vergifnis – ook vir jouself – mag nie vals of goedkoop wees nie. Sommige mense se ego’s verhoed hulle om eerlik te wees en ander word weer so gekasty deur wat gebeur het, dat hulle nie kan lewe nie. Beide is ‘n tronk.

 

2.    Verstaan hoekom jy gedoen het wat jy gedoen het

Daar was redes hoekom jy gedoen het wat jy gedoen het. Jy was nie ‘n bose of kwaadwillige mens nie. Daar was dinge in jouself wat jou van onder af gedryf het om sekere dinge te doen. In plaas van aanhou verwyt, leer om te verstaan waarom jy dit gedoen het. Soos Maya Angelou gesê het: "Do the best you can until you know better. Then when you know better, do better.”

 

3.    Neem verantwoordelikheid

Erken dat dit wat gebeur het sekere gevolge gehad het. Indien moontlik, probeer om die skade te herstel. Uiteindelik, as jy deur jou eie proses gewerk het en gedoen het wat jy kon, sal jy met die gevolge moet vrede maak en leer om saam met dit te leef tot jy stadig maar seker binne-in jouself meer word as die gevolge of keuses van die verlede.

 

4.    Gee genade vir jouself

Gun jouself dit om vry te wees van die las van jou verlede. Jy is nie eers meer daardie mens nie. Vra die Here om jou te help om met begrip, deernis en genade na jouself te kyk.

 

5.    Vra die Here om jou te help om jouself te vergewe

Vergifnis is nie iets wat ‘n mens sonder die Here aanpak nie. Hy verstaan van vergewe en vryspraak. Hy het dit reeds vir jou gedoen. Vra Hom om jou te help om dit ook vir jouself te doen.

 

6.    Leer wat jy moes leer

Integreer die lesse wat jy in die proses geleer het en laat die Here toe om dit in jou tot wysheid te omvorm. Onthou: die prys van wysheid is jou eie dwaasheid. Dit is deur foute te maak dat ‘n mens die meeste dinge wat jy van die lewe weet leer, en so kan jy ook ‘n mentor en gids vir ander word.

 

7.    Laat gaan dit wat gebeur het

Plaas afstand tussen jou en dit wat gebeur het en laat gaan dit. Dit op sigself is natuurlik ‘n proses en jy gaan dit dalk elke nou en dan weer moet doen. Jy is nie meer daardie mens nie, al sal dit altyd deel van jou verhaal bly. Dit hoef wel nie meer jou identiteit te bepaal nie.

 

8.    Wys die lig vir ander

Wanneer ‘n mens dan nou ‘n goeie arsenaal foute agter jou het wat tot wysheid omvorm is, kan jy met lewenservaring en mensekennis leef en ander op hierdie pad lei en help. Dit beteken glad nie hulle gaan nie ook foute maak nie, maar ten minste kan jy met begrip en genade langs hulle staan en hulle help om die lig op hulle eie pad te sien.

 

Hierdie gedig van John Roedel raak my diep:

 

Halos in our holey holy hearts

 

a dozen angels

have started living in

the holes in my heart

they have put op hammocks

and started planting roses

 

Last night, they had a

bonfire where they burned

a box of my oldest regrets

and played drums until dawn

 

These angels have made

themselves at home inside of

my imperfect heart

in hopes that someday

I’ll do the same

 

Wat ‘n mooi uitnodiging... Mag ek en jy ook bewus raak van die engele wat hulleself in my onvolmaakte hart vol gate tuisgemaak het, en myself meer en meer vergewe sodat ek, soos daardie engele, in my eie hart kan tuiskom.

 

Luister saam met my as Edith Piaf “Non, Je ne regrette rien” sing:

 

Non, rien de rien. | No, nothing at all.

Non, je ne regrette rien. | No, I don't regret anything. Ni le bien qu'on m'a fait, | Neither the good that was done to me, Ni le mal, tout ça m'est bien égal. | Nor the bad; it's all the same to me!

Non, rien de rien. | No, nothing at all.

Non, je ne regrette rien. | No, I don't regret anything.

C'est payé, balayé, oublié | It's paid for, swept away, forgotten

Je me fous du passé! | I don't care about the past!

Avec mes souvenirs | With my memories

J'ai allumé le feu | I lit the fire

Mes chagrins, mes plaisirs | My sorrows, my pleasures

Je n'ai plus besoin d'eux ! | I don't need them anymore!

Balayé les amours | I've swept away the past loves

Avec leur trémolos | With their trembling

Balayé pour toujours | Swept away forever

Je repars à zéro ! | I'm starting over from scratch!

 

©️ Marina van der Linde 2025

 
 
 

Comments


Commenting on this post isn't available anymore. Contact the site owner for more info.
bottom of page