top of page

Ons vergeet so gou


Mense vra dikwels vir my: “Waarom moet ons kerk toe gaan?” Natuurlik moet jy nie kerk toe gaan nie, maar daar is ‘n paar redes waarom ‘n mens sou kon kerk toe gaan. Een van die dilemmas met “die kerk” is dat baie mense dit nie as ‘n verwelkomende spasie beleef nie en dikwels uit die kerk stap met meer van ‘n gevoel van vervreemding en verwydering as toe hulle daar in gestap het. As jy dus ‘n kerk het wat op ‘n manier vir jou werk is dit goed om te gaan as jy kan… want ons vergeet so gou…


In die kerk is ons veronderstel om te onthou. Om herinner te word aan God en sy realiteit. Om geïnspireer te word om oop te wees om God se soort mens te word. Om toegevou te word in iets van God se teenwoordigheid saam met ander, wat my juis help om weer in my wêreld te gaan leef. Ongelukkig – en dit is bitter hartseer – gebeur dit nie noodwendig in alle kerke nie.


Maar eintlik gaan hierdie stuk glad nie oor kerk toe gaan nie!


Die wêreld daar buite is hard. Dit vra dikwels meer van jou as wat jy het om te gee. En daarom is dit vir baie mense bitter moeilik om op ‘n daaglikse basis in hulle gewone omstandighede, ‘n dieper verhouding met die Here te leef.


As ons vir onsself maniere kan kry om te onthou, maak dit reeds ‘n reuse verskil, maar as die bewussyn waarmee ek elke dag leef stadig kan verander en my manier van dink en kyk my help onthou, maak dit amper die grootste verskil, want soos Vaclav Havel gesê het: “Consciousness precedes being.”


John o'Donohue skryf so daaroor: “When our eyes are graced with wonder, the world reveals its wonders to us. There are people who see only dullness in the world and that is because their eyes have already been dulled. So much depends on how we look at things. The quality of our looking determines what we come to see. Too often we squander the invitations extended to us because our looking has become repetitive and blind. The mystery and beauty is all around us but we never manage to see it. When the imagination awakens, the inner world illuminates. We begin to glimpse things that no-one speaks about, that the outer world seems to ignore.”


Om te leer om te sien het aan die een kant te doen met die pad wat ek kies, die dinge wat ek lees en luister, die mense wat my beïnvloed, maar dit is ook ‘n gawe van God se Gees aan elkeen wat die begeerte het om anders te sien.


Mag dit wat jy nou hier gelees het jou later vandag help om anders te kyk en jou help om te onthou, want ons vergeet so gou.

22 views0 comments

Recent Posts

See All

Comments


Commenting has been turned off.
bottom of page