top of page
  • Black Twitter Icon
  • Black Facebook Icon
  • Black Instagram Icon

'n Ooraanbod van Lewe

Writer: Marina StrydomMarina Strydom

Updated: Feb 14, 2024

'n Mens kan so maklik opgeslurp word deur wat aan die buitekant gebeur, dat ‘n mens, sonder dat jy agterkom, kontak met die binnekant kan verloor.

 

As ‘n mens egter net so ‘n raps meer daarvan bewus is, word die lewe 'n ryk ervaring van dieper konneksie met jouself, met God, met die lewe en met jou mense.

 

Josh Abe verwoord iets hiervan op ‘n aangrypende manier:

 

“I want to regain my senses again.

I want to be content with simple things.

I want to be able to take in every detail of the world.

I don’t want to wake up one day and realize

I missed my life because I was distracted.

I’m tired of upgrading material possessions

to keep up with everyone else.

I’m tired of being told that what I have isn’t enough,

that I need more in order to be happy.

I unsubscribe from that notion,

and I propose a new one.

I propose contentment.

I propose simplicity.

I believe that if we learned to marvel again

at simple things,

we would be far more content

than the wealthiest person in the world,

for money is finite,

but the earth has no shortage of offerings.”


Hy praat natuurlik hier van materiële dinge, maar dit is eintlik maar waar van alle dinge: te vol programme, te ingewikkelde verhoudings, te verwikkelde sosiale sisteme, te hoë verwagtings van onsself. In die eenvoudiger dinge is daar reeds ‘n ooraanbod van lewe. Mag ons dit weer ontdek en juis in hierdie heilige dae meer daarop fokus.


©️ Marina vd Linde 2024




Comments


Commenting has been turned off.
bottom of page