top of page
Writer's pictureMarina Strydom

Lewe uit die dood

Om oor ons sterflikheid te dink bly op ‘n manier vir ons vreemd en ironies genoeg is dit iets wat vir elkeen van ons wag. Met Paasnaweek pas agter ons, het ek weer besef hoe moeilik dit vir ons is om deel te wees van prosesse van sterf en hoe ons sukkel om te verstaan dat prosesse van sterf en prosesse van lewe onlosmaaklik met mekaar verweef is.

In die afgelope tyd is ek ook weer gekonfronteer met ons menslike se sterflikheid in verskillende situasies. Aan die een kant is ons so kwesbaar en broos soos ‘n klein voëltjie, maar aan die ander kant is ons rateltaai en kan ons die vreeslikste dinge deurleef. Aan die een kant gaan ons maklik dood – in ‘n oomblik. Aan die ander kant gaan ons glad nie so maklik dood nie.


‘n Aanhaling van Henri Nouwen wat my telkens diep raak is hierdie woorde:

“We often wonder how death will occur for us. Through illness, accident, war, or a natural disaster? Will our deaths happen suddenly or gradually? There are no answers for these questions, so we really should not spend time worrying about them. We don't know how our lives will end, and this is a blessed ignorance!

But there is an important question that we should consider: When our time to die comes, will we die in such a way that those we leave behind are not devastated by grief or left with feelings of shame or guilt? How we leave others depends largely on how we prepare ourselves for death. When we can die with grateful hearts, grateful to God and our families and friends, our deaths can become sources of life for others.”

Leef ek op so manier dat my lewe ‘n bron van lewe vir ander word?

Leef ek met wysheid en integriteit sodat die mense wat agterbly sal vra: “Hoe sou hy/sy hier gemaak het? Wat sou hy/sy hier gesê het?”

Leef ek so dat my lewe soos ‘n spens is waar ek kosbaarhede wegpak sodat die mense wat agterbly in my lewe kan geniet van die vrug van my lewe.


Onlangs op ‘n begrafnis van ‘n geliefde eggenoot, pa en oupa sê sy jongste seun dat hy nog nie eers kon begin om te verreken wat die fenomenale effek van sy pa op sy lewe was nie - en nou is hy nie meer hier nie. Ek is redelik seker dat hierdie man met sy dood ‘n erfenis agterlaat wat gaan maak dat daardie seun van hom anders lewe, omdat hy nie net op ‘n sekere manier gelewe het nie, maar ook op ‘n sekere manier doodgegaan het.


Mag ons so lewe dat wanneer ons die dag sterf selfs ons dood ‘n bron van lewe is.




2 views0 comments

Recent Posts

See All

Commentaires


Les commentaires ont été désactivés.
bottom of page