
Ons gekompartementaliseerde lewens help ons nie eintlik as dit daarby kom om as spirituele mense te leef nie. Dit is amper asof die manier hoe ons dae ingerig is, ons juis verhoed om konstant van God en die dieper dimensies van ons lewe bewus te wees. Om hierdie rede het ons ander hulpmiddels nodig om ons te help om nie deur die loop van die dag van ons vasmeerplek weg te dryf en deur die strome van die lewe die oop see ingetrek word. Eenvoudige alledaagse ritmes – verkieslik op vasgestelde tye – kan ons baie hiermee help.
Tara Owens van Anam Cara Ministries skryf dat ons geneig is om die groot momente van die lewe as spirituele bakens te sien en selfs rituele te skep rondom sommige van die belangrikste momente, soos geboorte, die huwelik of dood. Maar wat van die klein oomblikke? Wat van 'n gebed vir werk toe ry of huis skoonmaak of om met die hond te gaan stap? Ek stem saam met haar as sy sê dat dit eintlik hierdie oomblikke is waaruit die lewe bestaan en daarom maak dit saak.
God is beslis nie net te vind in die groot uitskieter gebeurtenisse van die lewe nie. Hierdie gebeure is wel bakens langs ons lewenspad, maar dit is nie die gang van die lewe nie en ‘n mens kan ook nie net van een baken tot ‘n volgende leef nie. Tussenin is daar eindelose gewone dae en maande. Selfs jare.
God is hoofsaaklik te vind in die klein oomblikke van ons alledaagse bestaan en daarom is die sakrament van die “gewone dag” heilig. Om te leer om van God te bewus te wees en meer nog, om te leer om met God te praat, terwyl ek stort en roereier bak en wasgoed ophang en werk toe ry en vergadering hou en deur my e-posse ploeg, is ‘n ander soort heilig.
Tara Owens haal Douglas McKelvey se "Liturgy for the Ritual of Morning Coffee” aan (uit sy liturgieboek genaamd "Every Moment Holy”). Dalk kan jy dit bid terwyl jyself jou koffie of tee drink.
Meet me, O Christ
in this stillness of morning.
Move me, O Spirit,
to quiet my heart.
Mend me, O Father,
from yesterday’s harms.
From the discords of yesterday,
resurrect my peace.
From the discouragement of yesterday,
resurrect my hope.
From the weariness of yesterday,
resurrect my strength.
From the doubts of yesterday,
resurrect my faith.
From the wounds of yesterday,
resurrect my love.
Let me enter this new day,
aware of my need and awake
to your grace, o Lord.
Amen.
Hierdie oomblik maak saak. Mag jy vandag maniere vind om teenwoordig te wees in die 'klein' dinge.
Comments