Baie mense dink dat dit wonderlik sou wees as ons geweet het waarheen ons op pad was en as ons duidelik kon sien hoe die pad voor ons lyk. Dit is waarom mense al vir eeue so fassinasie daarmee het om te probeer uitvind wat hul toekoms inhou. Tog is dit so dat as ons wel sou weet, die lewe vir die meeste van ons net te oorweldigend sou wees. Dit is presies waarom God nie vir ons ons hele lewenspad wys nie, maar net genoeg lig gee vir die volgende tree.
Henri Nouwen stel dit so: Often we want to be able to see into the future. We say, “How will next year be for me? Where will I be five or ten years from now?” There are no answers to these questions. Mostly we have just enough light to see the next step: what we have to do in the coming hour or the following day. The art of living is to enjoy what we can see and not complain about what remains in the dark. When we are able to take the next step with the trust that we will have enough light for the step that follows, we can walk through life with joy and be surprised at how far we go. Let’s rejoice in the little light we carry and not ask for the great beam that would take all shadows away.
Ons lees iets van die vertroue dat daar genoeg lig sal wees vir die volgende tree in Psalm 36:10: “U is die bron van die lewe, deur u lig lewe ons”. Wanneer ons begin besef dat God se Lig die bron van ons lewe is, besef ons dalk ook dat ons nie nodig het om te probeer om die Lig vir onsself te hou nie, maar dat ons die Lig ook vir ander kan help vashou sodat hulle die volgende tree so bietjie duideliker kan sien.
Dit beteken nie dat ek op ‘n beterweterige manier probeer maak of ek die ander persoon se pad kan sien nie, maar dat my teenwoordigheid vol sagmoedigheid, liefdevolheid, deernis, begrip en sensitiwiteit sal wees. Dat die manier hoe ek leef ‘n sagte gloed in ander se lewe sal wees, wat aan hulle die moed gee om nie vas te val op hulle pad nie, maar wel die volgende tree te gee. En dan gebeur dit wat Ben Sweetland eenmaal gesê het: “We cannot hold a torch to light another's path without brightening our own.”
Comments