(Psalm 136 vir vandag)
Loof die Here, want Hy is goed.
Aan sy liefde is daar geen einde nie.
Loof Hom wat in alles daar is;
Aan sy liefde is daar geen einde nie.
Loof Hom wat nie moed opgee met my nie;
Aan sy liefde is daar geen einde nie.
Hy wys Homself aan ons op eindelose maniere;
Aan sy liefde is daar geen einde nie.
Deur die kleurespel tussen dag en nag;
Aan sy liefde is daar geen einde nie.
Deur die enkelvlug van ‘n kolgans teen skemer,
Aan sy liefde is daar geen einde nie.
Deur die Suiderkruis wat elke aand weer sigbaar word,
Aan sy liefde is daar geen einde nie.
Deur die blare wat elke jaar op tyd verkleur en afval;
Aan sy liefde is daar geen einde nie.
Deur die knoppies aan droë takke wat telkens weer bloeisels word;
Aan sy liefde is daar geen einde nie.
Hy roep my en soek my sonder ophou;
Aan sy liefde is daar geen einde nie.
Deur die oë van die een wat ek liefhet;
Aan sy liefde is daar geen einde nie.
Deur die bande tussen mense wat nie deur tyd verweer nie;
Aan sy liefde is daar geen einde nie.
Deur my hond se weergalose vreugde as ek by die huis kom;
Aan sy liefde is daar geen einde nie.
Deur die goudvisse in die visdam se spiraaldans;
Aan sy liefde is daar geen einde nie.
Deur eerlike gesprekke en dapper keuses;
Aan sy liefde is daar geen einde nie.
Deur die doodmenslike droom wat Hy in my hart plant;
Aan sy liefde is daar geen einde nie.
Hy betoon sy liefde aan my om elke hoek en draai;
Aan sy liefde is daar geen einde nie.
Deur die kos op my bord;
Aan sy liefde is daar geen einde nie.
Deur die snoesige kombers as die winter nader kruip;
Aan sy liefde is daar geen einde nie.
Deur die diep rus van ‘n nag se slaap;
Aan sy liefde is daar geen einde nie.
Deur my hart wat aanhou klop, my longe wat ritmies asemhaal;
Aan sy liefde is daar geen einde nie.
Deur die wete dat Hy my nooit sal los of uitlos nie;
Aan sy liefde is daar geen einde nie.
Deur die diep weet wat my vasmaak aan Hom;
Aan sy liefde is daar geen einde nie.

Comentários