top of page
Writer's pictureMarina Strydom

Van dag tot dag


Ek hoor so dikwels hoe mense vir my sê dat dit hoegenaamd nie voel of hulle vorder nie. Ek self voel ook dikwels so, en daar is ‘n paar redes daarvoor.


Die grootste rede is dat hoe meer ek myself oopstel vir die werk van God se Gees in my, hoe meer raak ek bewus van daardie growwe kante in myself wat nog aandag kort. Hoe meer ek aan myself werk en bewus word van waarmee die Here in my wil besig wees, hoe meer kom ek agter dat die interne kloof dieper en dieper word en dat ek nooit by die bodem daarvan sal uitkom nie. Die nuanses raak fyner. My vermoë om te sien raak skerper. Geen wonder dat ek dan sal voel asof ek nie groei of vorder nie.


En tog is die misterieuse en onsigbare proses van God in en met my onophoudelik, geduldig, voortdurend.


Ek stem saam met die woorde wat sê: “Isn’t it funny how day by day nothing changes, but when you look back everything is different.”


Van dag tot dag voel dit of niks gebeur nie. Maar as ek terugkyk oor die verloop van baie maande of jare kan ek sien dat die hele landskap van my siel geskuif het en dat ek nie meer dieselfde mens is as voorheen nie.


En daarom die uitnodiging: Hou net aan. Doen wat jy moet doen en wat jou eie unieke pad van jou vra. Die Here is getrou en sal die goeie werk wat Hy in jou begin het aanhou doen (soos Filippense 1:6 ook sê).

6 views0 comments

Recent Posts

See All

Comentários


Os comentários foram desativados.
bottom of page