top of page

Om God se stem te hoor: Wat is die slaap…?

Writer's picture: Marina StrydomMarina Strydom

Dit was DF Malherbe wat soveel jare gelede sy bekende gedig begin het met die woorde: “Wat is die slaap, ‘n wondersoete ding!”

 

Slaap is waarskynlik een van die grootste wonders van ons samestelling, maar as ons nie goed slaap nie, het dit ‘n reuse effek op alle vlakke van ons welstand en funksionering.

 

Slaap is onontbeerlik. Wetenskaplikes sê al meer dat ons mense werklik tussen 7 en 9 ure se slaap per nag nodig het. So word eindelose balanse in my liggaam en psige herstel.  Die teenoorgestelde gebeur wanneer ek te min slaap, deurdat iets soos adrenale uitputting as gevolg van te veel spanning my uit die slaap hou en my liggaam deur kortisol (die streshormoon) oorspoel word en my lyf in ‘n “toksiese” sisteem verander, vol onderliggende inflammasie.

 

Sonder genoeg slaap is ek ook nie emosioneel gebalanseerd nie, raak ek vinnig buierig, is my toleransie vir mense en hul dinge laer, het ek nie die reserwes om die spanning van die lewe te hanteer nie en het my bui en gedrag makliker ‘n negatiewe impak op my verhoudings.

 

Deesdae lees ‘n mens baie artikels oor die effek van ‘n gebrek aan slaap op ons psigiese en fisiese welstand. Terme soos “sleep hygiene” is aan die orde van die dag en met goeie rede, want daar is baie redes waarom ons sukkel om te slaap, soos te veel skermtyd, oorstimulasie, te min tyd om af te skakel, emosionele- of verhoudingskwessies, bekommernisse, lewenskrisisse, gesondheidskwessies en hormonale veranderings, om sekere aspekte te noem.

 

Een van die redes waarom ek as ‘n gelowige mens ernstig moet aandag gee aan die kwantiteit en kwaliteit van my slaap, is oor die effek wat dit het op my vermoë om van God bewus te wees, oop te wees vir God en Sy stem te hoor.

 

Sister Mary het graag vir ons gesê: “God struggles to work with tired people.” Sy was reg. God sukkel om met my besig te wees as ek gedaan is. Ek gaan nie sommer God se stem in my lewe hoor as ek moeg is nie. Drie redes daarvoor is natuurlik dat my perseptuele vermoëns, intuïtiewe vaardighede en vermoë om oop te wees, drasties afneem wanneer ek nie genoeg slaap nie.

 

Soos ons al te goed weet, gebeur daar ongelooflike dinge in ‘n mens se lyf en in jou brein wanneer jy slaap. Onder andere sif jou onderbewussyn deur alles wat deur die dag gebeur het en probeer dit herrangskik, sodat jy met nuwe insig en perspektief kan wakker word, maar as ‘n mens nie genoeg slaap nie of dinge het wat jou wakker hou of te veel snags wakker is (soos dit mos maar soms gaan), sukkel die insig en perspektief om te kom.

 

Sheila Cussons se gediggie “Gesegde” verwoord aangrypend wat na ‘n nag se slaap met ‘n mens kan gebeur:

“Die net van die slaap vang die vis –

antieke gesegde wonderlik waar

want wat in die onbewuste swerm

spoel môre in die lig uit, blinkend, dáár.”

 

Goeie slaap stel my in staat om God se stem duideliker te onderskei tussen al die ander stemme.

 

Ek wil jou dus aanmoedig om vir jouself die volgende vrae te vra:

·      Slaap ek meestal genoeg?

·      Slaap ek meestal goed genoeg?

·      Indien nie, wat sou die redes kon wees?

·      Wat gebeur in my wanneer ek nie goed slaap nie?

·      Is ek bereid om aandag daaraan te gee om beter te slaap? Watter praktiese stappe kan ek neem?

·      Wat dink ek sal die effek van beter slaap op my vermoë wees om van God se stem bewus te wees?


Ek hoop dat jy Antonio Machado se pragtige woorde net soveel geniet soos ek:

 

“Last night as I was sleeping”

 

Last night as I was sleeping, I dreamt – marvellous error! – that a spring was breaking out in my heart. I said: Along which secret aqueduct, Oh water, are you coming to me, water of a new life that I have never drunk?


Last night as I was sleeping, I dreamt – marvellous error! –

that I had a beehivehere inside my heart.

And the golden bees

were making white combs

and sweet honey

from my old failures.


Last night as I was sleeping,

I dreamt – marvellous error! –

that a fiery sun was giving

light inside my heart.

It was fiery because I felt

warmth as from a hearth,

and sun because it gave light

and brought tears to my eyes.


Last night as I slept,

I dreamt – marvellous error! –

that it was God I had

here inside my heart. ”  



6 views0 comments

Recent Posts

See All

Comments


Commenting has been turned off.
bottom of page