Elke nou en dan bevind ‘n mens jou in een of ander situasie wat vasgeloop voel, of staan jy midde in komplekse verhoudings of lewenskeuses wat jy met die beste wil ter wêreld net nie opgelos kry nie, baie soos ‘n legkaart met duisende stukke waarvan jy nie na die prentjie mag kyk nie en al die hoeke en kantstukke uitgehaal is.
Wanneer ‘n mens jou in so ‘n situasie bevind kan die moedeloosheid en hopeloosheid jou sommer maklik oorval. Jy probeer dan meestal om hierdie verlammende ervaring van buite te beheer en jy probeer die gevoel van verlies aan beheer teenwerk deur in super-beheer modus oor te gaan, met die gevolg dat dit nog minder die gewenste resultate lewer en jy eintlik maar net nog meer gefrustreerd en radeloos voel en sommer ook baie skade aanrig aan die verhoudings om jou. ‘n Mensself verander dan in ‘n ongelukkige en “overthinking” stresbol, omdat jy nie realiteit beheer kry nie.
Dit is uiters belangrik om te weet wanneer ek iets aan ‘n saak kán doen en wanneer ek regtig nie meer iets kan doen nie. Om te weet wat in my beheer is en te doen wat ek kan wanneer en soos dit nodig is, maar om ook te weet dat daar ‘n tyd kom waar ek nie meer iets kan doen nie.
Soos die frase uit die bekende Serenity Prayer van Reinhold Niebuhr ons herinner:
“God, grant me the serenityto accept the things I cannot change; courage to change the things I can; and wisdom to know the difference.”
Vir sommige van die raaisels en legkaarte en vrae van die lewe is daar gewoon nie sulke voor die hand liggende antwoorde nie, en dan het ons nodig om te leer om ‘n behoefte aan beheer prys te gee en werklik te vertrou dat God se Gees nooit ophou om in die onverklaarbare dieptes van die lewe en in die diepste, donkerste hoeke van bestaan te werk nie. Soms is die beste ding wat ‘n mens kan doen om dinge doodeenvoudig oor te gee, te laat gaan en te vertrou dat God besig is met prosesse wat ons nie kan voorskryf, beheer of verstaan nie.
Henri Nouwen het dit so verwoord: “God does not solve problems or answer all our questions, but leads us closer to the mystery of our existence where all questions cease.”
Ronald Rolheiser skryf: “At the end of the day, faith, religion, community, friendship, and therapy, cannot take away our problems. Most times, there isn’t any solution; a problem must be lived through. As Gabriel Marcel famously put it, life is a mystery to be lived, not a problem to be solved.”
En dan gee Carl Jung nog ‘n dieper perspektief: “The unconscious always tries to produce an impossible situation in order to force the individual to bring out his very best. Otherwise one stops short of one's best, one is not complete, one does not realize oneself. What is needed is an impossible situation where one has to renounce one's own will and one's own wit and do nothing but wait and trust to the impersonal power of growth and development. When you are up against a wall, be still and put down roots like a tree, until clarity comes from deeper sources to see over that wall.”
Ek wonder hoe jy op hierdie uitnodiging oor die situasies van jou eie lewe wil reageer? Wat sal dit vir jou beteken om stil te raak, oor te gee, jou wortels te laat sak en te wag en te vertrou dat God se Gees op maniere werk waarin jy gee insae het nie?
Comments