Jy moeder-aard jy is nie fyn
maar bruut en slu
en moeilik is dit om soos
die salm teen die stu –
wal op te vin, teen die stroom
in, maar iets du
my boontoe weg van jou
én dit lók my én ek gru.
O maar dit lók my
soos ’n verre vuur
en o ek kóm, heilige geweld
teen my natuur.
Comments