top of page

Gebed van 'n sukkelaar


Ag hemel, Here, ek sukkel – al weer…

Ek sukkel om te doen wat ek dink U wil hê ek moet doen.

Ek sukkel om myself raak te sien.

Ek sukkel om soos U mens te reageer.

As ek my maar weer kan kry het ek my humeur verloor of was ek bitsig en sarkasties sonder om dit eers behoorlik te besef. Ek maak my naaste mense seer.

Ek tree nie eintlik op soos ‘n mens van een van U kinders sou verwag nie.

As ander mense na my kyk sien hulle my vriendelike gesig, maar nie my swart hart nie.

Ek is kwaad. Wil nie vergewe nie. Wil eintlik nie eers weer probeer nie.

Ek is nie op die oomblik ‘n lekker mens nie.

Dit voel of daar ‘n kraak in my is waaruit alles wat ek so graag wil wees uitloop tot net my leegheid oor is.

So nou sê ek maar net weer eerlik vir U:

Help my asseblief, want hemel Here, ek sukkel.

Amen

17 views0 comments

Recent Posts

See All

Comments


Commenting has been turned off.
bottom of page