top of page

Die wilde perde




 

Een van die sentrale dinge wat ons mettertyd moet baasraak is emosionele regulering. Dit is ons gebrek aan emosionele regulering wat oneindig baie skade in ons lewe en verhoudings kan aanrig.


Emosionele regulering is die vermoë om beheer oor jou emosies uit te oefen in so ‘n mate dat dit nie op onvanpaste of skadelike maniere na vore kom nie.

 

Baie mense dink dat emosionele regulering beteken dat ek my emosies onderdruk. Dit is die laaste ding wat emosionele regulering behels! Dit gaan juis daaroor om jou emosionele landskap so goed te leer ken, dat jy presies weet water emosies jy ervaar en hoe om daardie emosie in die huidige oomblik te bestuur sodat jy nie op skadelike maniere optree en die mense om jou die slagoffers (want dit is wat meestal gebeur) van jou onbeheersde emosies maak nie.

 

Sommige van ons besef dalk nog nie eers dat ons ‘n emosie ervaar nie, omdat ons deur jare geleer het om ons emosies te verdoof of te onderdruk. Dít is nie emosionele beheer nie, maar eerder emosionele onbewustelikheid en dit maak ‘n mens by uitstek kwesbaar teen jou eie onbeheersde buie. ‘n Mens is dus dan eintlik glad nie in beheer van jouself soos jy dink nie, maar eerder in ‘n staat van verwydering van jou binnewêreld.

 

Ons emosies is dikwels soos ‘n trop wilde perde wat die vlakte invaar en die landerye vertrap en die lusern en hawer opvreet sodat daar later niks is om te oes nie. Deel van die kuns van die lewe en van geestelike groei, is om te leer om ons emosies te tem sodat onsself beheer het oor die emosies. Sodat ons die emosies kan lei en self besluit waar hulle vandag gaan wei, en nie deur die wilde perde van emosie rondgesleep word nie.

 

Die taak van emosies is niks anders as om boodskappers te wees van wat in ons binnewêreld aangaan nie.

As ek opgewonde is, of antisipasie ervaar of gevul is met vreugde of diep vrede of dankbaarheid ervaar, beteken dit dat wat in my eksterne wêreld gebeur met my siel resoneer en my binnekant bewus is van potensiaal en geleentheid en dat dit wat buite my gebeur in pas is met my siel.

As ek skielik kwaad word, of hartseer voel, of jaloers is, is dit ‘n teken dat hier iets gebeur waarvan ek nie hou nie en is dit nie ‘n groen lig vir die perde om die vlakte in te vaar nie, maar juis om te vra waarom ek hierdie emosies ervaar, en behoorlik daaraan aandag gee.

Soms kan ek eers daaraan aandag gee wanneer my interaksie met iemand verby is en dit is hier waar emosionele regulering inkom: om te voel wat ek voel, te erken dat ek dit voel, dit dalk selfs te verbaliseer dat ek so voel en later – op my eie of op ‘n kalm en rustige manier met die ander persoon – aandag te gee aan waar die emosies vandaan kom.

 

Hoe leer ‘n mens dus emosionele regulering – veral rakende meer “negatiewe emosies”? (‘n Mens kry eintlik glad nie so iets soos ‘n negatiewe emosie nie! Alle emosies is kosbare boodskappers.)

 

1.    Raak bewus daarvan dat jy ‘n emosie ervaar.

 

2.    Erken wat jy voel! Moet dit net nie onderdruk of onder die mat invee nie.

 

3.    Verbaliseer dit in die situasie indien moontlik: “Ek word nou kwaad oor wat jy sê. Ek gaan ‘n glas water druk om te kalmeer. Ek kom nou weer terug” of  “Wat hier gebeur ontstel my geweldig. Ek het tyd nodig om dit te verstaan.” Dit voel aanvanklik vreemd om dit te doen, maar hierdie gedrag is ‘n reuse teken van groei.

 

4.    Leer om nie jou emosies te gebruik om die ander persoon te beheer of te manipuleer of die gesprek te oorheers nie. Deur byvoorbeeld elke keer te begin huil of elke keer jou humeur te verloor, skep baie vinnig uiters ongesonde verhoudingspatrone.

 

5.    Nadat die emosie aangemeld het, is dit my taak om met die emosie te gaan sit en uit te werk hoekom ek so voel. Dit is hier waar ek my emosies nie net tem nie, maar my emosies bevriend en mak maak sodat hulle die kragtige interne boodskappers kan wees wat hulle veronderstel is om te wees.

 

6.    Laastens sou ek met die ander persoon ‘n gesprek kan hê oor die emosie wat ek ervaar het en waarom (indien dit iemand is met wie ek in ‘n naby verhouding staan of iemand wat ek voel bewus moet wees van die emosie). In my naaste verhoudings skep hierdie soort eerlikheid ‘n ruimte vir respek, begrip, deernis, egtheid, kwesbaarheid en groter nabyheid en emosionele intimiteit.

 

In sy gedig “How I became a warrior” skryf Jeff Foster:

 

Once, I ran from difficult feelings.

Now, they are my advisors,

confidants, friends,

and they all have a home in me,

and they all belong

and have dignity.

I am sensitive, soft, fragile,

my arms wrapped around

all my inner children.

And in my sensitivity, power.

In my fragility,

an unshakeable presence.

 

In the depths of my wounds,

in what I had named “darkness,”

I found a blazing Light

that guides me now in battle.

 

I became a Warrior

when I turned towards myself.

And started listening."

 

Lees die res van die gedig hier:

 

©️ Marina vd Linde 2024

 

 

How I Became A Warrior - Jeff Foster

 

"Once, I ran from fear

so fear controlled me.

Until I learned to hold fear

like a newborn.

Listen to it, but not give in.

Honour it, but not worship it.

Fear could not stop me

anymore.

I walked with courage

into the storm.

I still have fear,

but it does not have me.

 

Once, I was ashamed

of who I was.

I invited shame into my heart.

I let it burn.

It told me, "I am only trying

to protect your vulnerability."

I thanked shame dearly,

and stepped into life anyway,

unashamed, with shame

as a lover.

 

Once, I had great sadness

buried deep inside.

I invited it to come out and play.

I wept oceans.

My tear ducts ran dry.

And I found joy right there.

Right at the core of my sorrow.

It was heartbreak that taught

me how to love.

 

Once, I had anxiety.

A mind that wouldn't stop.

Thoughts that wouldn't be silent.

So I stopped trying to

silence them.

And I dropped out of the mind,

and into the Earth.

Into the mud.

Where I was held strong

like a tree, unshakeable, safe.

 

Once, anger burned in the depths.

I called anger into the light

of myself.

I felt its shocking power.

I let my heart pound

and my blood boil.

Listened to it, finally.

And it screamed, "Respect yourself fiercely now!"

"Speak your truth with passion!"

"Say no when you mean no!"

"Walk your path with courage!"

"Let no one speak for you!"

Anger became an honest friend.

A truthful guide.

A beautiful wild child.

 

Once, loneliness cut deep.

I tried to distract

and numb myself.

Ran to people and places

and things.

Even pretended I was "happy."

But soon I could not run anymore.

And I tumbled into the heart

of loneliness.

And I died and was reborn

into an exquisite solitude

and stillness that connected me

to all things.

So I was not lonely,

but alone with All Life.

My heart One with all other hearts. 

 

Once, I ran from difficult feelings.

Now, they are my advisors,

confidants, friends,

and they all have a home in me,

and they all belong

and have dignity.

I am sensitive, soft, fragile,

my arms wrapped around

all my inner children.

And in my sensitivity, power.

In my fragility,

an unshakeable presence.

 

In the depths of my wounds,

in what I had named “darkness,”

I found a blazing Light

that guides me now in battle.

 

I became a Warrior

when I turned towards myself

and started listening."

 

61 views0 comments

Recent Posts

See All

Comentarios


Los comentarios se han desactivado.
bottom of page