top of page
  • Black Twitter Icon
  • Black Facebook Icon
  • Black Instagram Icon

Op soek na die ster

Writer's picture: Marina StrydomMarina Strydom

Marie-Louise von Franz skryf in “The Way of the Dream”: “Following your own star means isolation, not knowing where to go, having to find out a completely new way for yourself instead of just going on the trodden path everybody else runs along. That's why there's always been a tendency in humans to project the uniqueness and the greatness of their own inner self onto outer personalities and become the servants, the devoted servants, admirers, and imitators of outer personalities.

It is much easier to admire a great personality and become a pupil or follower of a guru or a religious prophet, or an admirer of a big, official personality.

That is much easier than following your own star.”


Om jouself te wees is nie so eenvoudig soos dit klink nie. Mense se graag vir mekaar: “Wees net jouself”, asof dit die heel eenvoudigste ding op aarde is.


Wie jy dink jy is en hoe jy jouself in die wêreld gaan voorstel is onder andere saamgestel uit aangebore eienskappe, hanteringstrategieë, gekondisioneerde reflekse, verdedigingsmeganismes en so meer. Die sielkundige, Carl Jung, het ons geleer dat my persona soos ‘n masker is wat ek opsit en waarmee ek in die wêreld leef. Daardie persona mag dele van my essensiële self bevat, maar is beslis ook saamgestel uit ‘n klomp dinge wie ek nie in essensie is nie. Trouens kan my persona my verhoed om te wees wie ek regtig is. Ek glo Jung was reg toe hy gesê het dat ons personas “provisionary” of voorlopig is, en dat een van ons grootste take op aarde is om uit te vind wie ek onder al die lae is.


Ek is van harte oortuig dat dit deel is van God se pad met ons: om ons aan te moedig om te word wie Hy ons gemaak het om te wees, maar dit is nie so voor die hand liggend nie. Ek stem saam met Marie-Louise von Franz as sy sê om daardie ster in jouself te soek en te vind vra heelwat isolasie, onsekerheid en die moed om ‘n totaal nuwe pad te stap, anders as die uitgetrapte en aangewese paaie van die samelewing.


Dalk kan May Sarton ons inspireer om ‘n eerste tree te gee om die ster te soek wat God in elkeen van ons geplant het:


Now I become myself.

It’s taken time, many years and places.

I have been dissolved and shaken.

Worn other people’s faces…


8 views0 comments

Comments


bottom of page