top of page

ENNEAGRAM INTENSIEF: 

‘n dieper pad van bekering, groei en transformasie

 

7-9 Junie OF 2-4 Augustus

 

R2400 per persoon of R4500 per paar

Ek is baie passievol oor die Enneagram! Die rede daarvoor is dat daar regtig baie min hulpmiddels bestaan wat op ‘n diep transformatiewe vlak die sielkundige en diep spirituele aspekte van ons lewe help bymekaar kom en werklik tot diepliggende groei en omvorming lei.

 

Baie mense dink die doel van die Enneagram is om jou nommer te vind. Dit is eintlik glad nie waaroor die Enneagram gaan nie! Om ‘n mens se nommer te moet vind is so half ‘n “onafwendbare noodsaaklikheid”, maar dit is regtig net die begin van ‘n baie dieper reis. As jy dus nog net op die “vind jou nommer” vlak met die Enneagram gewerk het, het jy regtig nog skaars die “surface gescratch”. Ongelukkig is daar geweldig baie mense wat presies hier vasval en dan nie verder gaan met die rykdom wat Enneagram het om te bied nie. 

bottom of page